Miljoene vlug uit Venezuela

Minstens vier miljoen burgerlikes is tans vlugtelinge wat as asielsoekers in buurlande woon weens die haglike toestande onder die diktator Nicolas Maduro se bewind.

Die vlugtelinge beleef ’n ekonomiese en politieke krisis van ongekende omvang in hulle tuisland, waarvan bykans ’n miljoen mense reeds sedert 2015 in uiters haglike toestande leef.

Die bevinding is pas vrygestel deur die Verenigde Nasies wat sê die tragiese toestand in Latyns-Amerika laat rooi ligte flikker.

Die vlugtelinge het uitgewyk na buurlande soos Columbië, Peru, Chili, Ecuador, Brasilië en Argentinië.

Kommer is uitgespreek dat die toestand verder kan versleg en nog meer mense die land verlaat, wat ’n toekomstige algemene verkiesing vir Maduro tot voordeel sal strek.