Miljoene kinders trou onder dwang

Sowat 115 miljoen seuns in die wêreld is in ’n huwelik ingdwing voor hulle die ouderdom van 18 jaar bereik het, word in ’n verslag bekendgemaak wat pas vrygestel is deur die Verenigde Nasies.

’n Woordvoerder van die VN sê die skrikwekkende toestand veroorsaak dat miljoene kinders hulle lewe as kinders verbeur het weens die verpligting wat op hulle geplaas word, terwyl die dogters klaarblyklik geen sê in die verbintenis het nie.

Die VB wys daarop dat die kinder huwelike beide die seun en die dogter benadeel, aangesien hulle die moontlikheid van ’n behoorlike skoolopleiding ontneem is, en selfs nie die geleentheid sal kry om naskoolse opvoedkundige kwalifikasies te bekom nie.

In ’n studie wat wêreldwyd gedoen is deur die VN, is gevind dat 115 miljoen mans in die ouderdom 20 tot 24 jaar, reeds voor hulle 18 de jaar getroud was.

Die studie wat in 82 lande gedoen is toon egter dat 28% van alle gevalle in die wêreld, in Sentraal Afrika Republiek was, en word gevolg deur Nicaragua met 10% en Madagaskar derde met 13%.