Miljarde dollar kan Noord-Korea verander

Handel tussen die twee Koreaanse lande wat in ’n spesiale projek is, kam miljoene dollar per jaar laat vloei na Noord-Korea, wat die moontlikheid van vrugbare ooreenkoms met die VSA oor kernwapens kan stimuleer.

Dit is die mening van ’n woordvoerder van die Suid-Koreaanse ministerie na aanleiding van kommer wat bestaan dat die twee lande nie weer gaan vergader oor die kernwapen krisis nie.

Hy sê alhoewel daar ’n goeie verhouding tussen President Donald Trump en die kommunistiese leier, Kim Jong-Un van Noord-Korea bestaam, is daaroor ’n mate van wantroue wat die moontlikheid van onderhandeling vertraag.

Sedert President Trump die vorige onderhandelings gestaak het toe Kim Jong-Un probeer het om een kernaanleg te verswyg, het die moontlikheid vir ’n derde ontmoeting moeiliker geword, en word nuwe moontlikhede ondersoek om die gespek te hervat, veral nadat Kim gesê het die tyd loop uit vir ’n opvolg gesprek.