Militêre optrede teen Iran moontlik

Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê daar was nog altyd die moontlikheid van militêre optrede teen Iran, maar hy is ook bereid om met die president van Iran te onderhandel.

Dit volg nadat die Irannese regering gesê het geen gesprek sal met die VSA gevoer word alvorens die sanksies teen Iran nie opgehef word nie.

Militêre optrede teen die Islamitiese Republiek van Iran sal volgens kenners, die moontlikheid van ’n wêreldoorlog inhou, en kan vernietigend wees vir die ganse mensdom.

President Trump het in ’n Britse televisie onderhoud gesê Iran was ’n terroristiese nasie wat nommer een in wêreld was op ’n stadium, maar waarskynlik ook vandag nog.

Op ’n vraag het hy gesê hy sal graag met die president van Iran wil praat, en dit veel eerder wil doen as om militêr op te tree.