Metrospoor ontspoor

Een van Metrospoor se nuwe treine was in ‘n botsing betrokke met ‘n spoor onderhouds lokomotief.  Die lokomotief word gebruik om  klip en gruis  vas te stamp onder die treinspore. 

Die lokomotief was onderweg na die Eerste Fabrieke stasie toe dit met die trein gebots het . Vyftig passasiers is beseer in die botsing. 

Treindienste tussen Pienaarspoort en Pretoria word deur die botsing beinvloed terwyl Transnet en Metrospoor tegnici die toneel besoek en opruimings werk doen. 

Onbevoegde amptenare wat stelsel beman is grotendeels verantwoordelik vir die soort ongelukke.  Samewerking en kommunikasie tussen Metrospoor en Transnet is klaarblyklik nie baie goed nie.