Merkel sit met derderangse vennoot

In ’n onlangse meningspeiling is aangedui dat die sosialiste se Sosiaal Demokratiese Party soveel steun verloor het, dat hy nou derde op die lys van politieke partye in Duitsland is.

Die peiling het aanleiding gegee dat die sosialiste se politieke leier, Andrea Nahles, haar bedanking ingedien het.

Die media berig voorts dat daar niemand is wat werklik belangstel om die party se leierskap oor te neem nie, en kanselier Angela Merkel sit opgeskeep met die sosialiste in haar koalisie regering.

Die vermoede bestaan dat die Sosialiste uiteindelik gaan ontbind, en waarskynlik aansluiting vind by die Groenes wat volgens die peiling, tans die grootste steun onder partye in Duitsland geniet.