Merkel se party op laagtepunt

Kanselier Merkel

Duitsland se Kanselier, Angela Merkel, se gematigde Christen Demokratiese Unie (CDU) en haar susters party, die Christen Sosiale Unie (CSU) in Bavaria, is op ’n nuwe laagtepunt volgens die jongste meningsopname.

Volgens die opname het naar CDU ’n nuwe rekord laagtepunt bereik, en haar grootste opponent, die Groenes, toon ’n verdere groei.

Die linkse Groenparty, met sy nuwe vriende in die vêr linkse partye, is nou geswore vriende wat in ’n koalisie wil saamwerk teen die rgerende party, en poog selfs om die Merkel koalisie op te breek.

Kanselier Merkel was genoop om na die verkiesing verlede jaar, ’n koalisie aan te gaan met haar groot opponent, die linkse Sosiaal Demokratiese Party.

Twyfel bestaan of Merkel se koalisieregering met die linkse sosialiste staande gaan bly tot die volgende verkiesing in 2021.

Die gematigde partye beskik nou slegs oor 24% steun volgens die opname, wat beteken dit het die afgelope week met ’n verdere 2% gedaal.

Die sosialistiese koalisie vennoot se steun staan op 12% wat gelyk is aan die nasionaliste se Alternatief vir Duitsland (AFD) wat ook 12% steun geniet.

Die Groen koalisie het 27% steun, wat beteken dat Merkel die verkiesing sal verloor indien daar nou ’n stemming gehou sou word.