Meksiko-VSA onderhandelings suksesvvol


President Andres Manuel Lopez Obrador

Na ’n tweede dag van onderhandelings tussen Meksiko en Amerika oor die moontlikheid van invoerheffings op handelsware, en die immigrasie krisis, blyk dit dat vordering gemaak word.

Beide lande se onderhandelaars is positief dat ’n ooreenkoms bereik sal word wat sal verhoed dat die VSA ’n invoerheffing plaas op goedere uit Meksiko.

Meksiko word gedreig dat ’n 5% invoerheffing op goedere uit Meksiko gehef kan word wat die land ekonomies sal knel.

Die dreigement het sy oorsprong as maatreël om Meksiko te dwing tot optrede om te voorkom dat enige onwettige immigrante uit Sentraal-Amerikaanse state na die VSA immigreer.

Ernstige onderhandelings tussen die twee lande het verlede week begin, en kan nog langer duur, maar intussen het die ekonomiese markte begin verstewig wat ’n aanduiding is dat die onderhandelings goeie vordering toon.

Die president van Meksiko het gesê sy rgering het reeds opdrag gegee om die bankrekenings van onwettige immigrante wat oor die grens na die VSA beweeg, te blok, en die land se Minister van Buitelandse Sake het bevestig dat weermag soldate op die grens ontplooi word .

Visepresident Mike Pence van Amerika sê Meksiko het op die tweede dag reds meer aangebied as vroeër, maar hy verwag meer van hulle alvorens die invoerheffing op die langebaan sal beland.