Meksiko trek streep vir immigrante

Uit vrees dat president Donald Trump sy dreigement gaan uitvoer met ’n invoerheffing van 5% op alle goedere uit Meksiko, het die land begin om immigrante vas te vat.

Meksiko het egter die VSA se aanbeveling geweier om self die onwettige immigrante uit Sentraal-Amerikaanse state te akkommodeer.

Meksiko is egter besig om streng maatreëls in plek te kry uit vrees dat die VSA sy dreigement tot uitvoer sal bring met ’n 5% heffing.

Die Volkswagen motorvervaardiger het reeds begin met onderhandelings met top amptenare in die VSA vanweë die dreigement dat sy uitvoer van motors na Amerika ook deur die heffing geraak sal word.

Meksiko se Minister van Buitelandse Sake, Marcelo Ebrard, sê haar land is deurlopend besig om maatreëls op te skerp sodat onwettige immigrante nie na die VSA beweeg nie.