Meksiko skep werk met boom aanplantings

Miljoene nuwe boompies gaan binnekort geplant word in El Salvador met ’n werkskepping program wat deur die regering van Meksiko geïnisieer is.

Meksiko wil met die projek die minder gegoede mense van El Salvador in ’n werksprogram opneem om te voorkom dat die mense as onwettige immigrante na Meksiko stroom.

El Salvador se President Nayib Bukele en Mexico se President Manuel Lopez Obrador het saam die erste boom geplant en daarmee die projek aan die gang gesit.

Die president van Meksiko het aanbeveel dat baie van die bome wat aangeplant word, vrugtebome moet wees wat ook ’n nuwe arbeidsveld sal skep en het $30 miljoen bewillig om 500,000 hektaar te beplant.

Die projek het ten doel om te voorkom dat die inwoners van El Salvador na Meksiko immigreer op soek na werk en ’n beter lewe.