Meksiko ontplooi weermag by VSA grens

Terwyl geringe vordering in die onderhandelings ondervind word tussen Meksiko en Amerika, het die Meksikaanse regering begin om weermag soldate te ontplooi langs die grens met Amerika.

Meksiko het onderneem om minstens 6,000 van sy Nasionale Weermag soldate by die grens te ontplooi ten einde te voorkom dat onwettige immigrante uit Sentraal-Amerikaanse state oor die grens na die VSA beweeg.

Die Minister van Buitelandse Sake, Marcelo Ebrard, het in ’n TV onderhoud gesê hy het opdrag gegee dat die soldate ontplooi word, en is ’n direkte uitvloeisel uit die onderhandelings wat reeds etlike dae duur tussen afgevaardigdes van Meksiko en visepresident Mike Pence se onderhandelaars.

Waarnemers sê dit is duidelik dat Meksiko alles moontlik sal doen om te voorkom dat die VSA ’n invoerheffing op produkte plaas wat die land se ekonomi ’n ernstige terugslag sal besorg.

Na drie dae se onderhandelings met Meksiko, is ’n bevredigende ooreenkoms Saterdag bereik, en het President Donald Trump die beoogde invoerheffing van 5% teen goedere uit Meksiko, finaal afgelas.