Meksiko en VSA praat oor immigrante

Die Meksikaanse regering het vinnig gereageer op die waarskuwende woord van Amerika dat handelstariewe op hul uitvoer goedere na die VSA met 5% verhoog gaan word as die immigrasie uit die land nie gestop word nie.

Meksiko besef die geweldige impak wat dit kan hê op sy handel met die VSA as die heffing in werking sou tree, en het derhalwe ’n blitsvinnige afspraak gemaak en die VSA besoek.

Maandag het ’n senior afvaardiging uit Meksiko die VSA besoek om samesprekings te voer, en Amerika inlig oor nuwe maatreëls wat ingestel word om immigrasie van mense uit Suid-Amerikaanse lande na die VSA te stop.

Die VSA is Meksiko se grootste handelsvennoot, en kan nie bekostig om ’n uitvoer heffing van 5% te dra nie.