Meksiko blokkeer onwettige immigrante

Onwettige immigrante uit Sentraal Amerikaanse state het angstig begin hardloop om deur die grens na Meksiko te kom by aanhoor dat die grens deur gewapende soldate bewaak gaan word.

Meksiko het in sy ooreenkoms met die VSA onderneem om soldate na sy suidelike grens met Guatemala te ontplooi ten einde te voorkom dat onwettige immigrante die land binnekom en na die VSA stroom.

Talle immigrante het deur die Rio Bravo rivier  gestap om betyds in Meksiko aan te kom voor die soldate die totale grenslyn bewaak.

Die regering van Meksiko is bekommerd dat die Amerikaanse president, Donald Trump, sy dreigement kan uitvoer as die instroming van immigrante nie gestop word nie.

Trump het gedreig om alle invoere uit Meksiko met ’n 5% heffing te belas as die toestroming van vreemdelinge nie gestop word nie.