Magashule is dalk ’n ondermyner

Tito Mbowni

Die ANC se ekonomiese manne, Tito Mboweni as Minister van Finansies, en Kganyago het blykbaar t velde getrek teen die ANC se Ace Magashule wat glo die land se ekonomie ondermyn.

Mboweni het gepoog om die skade vir die ANC en sy regering te beperk, en sonder om direk na iemand te verwys, gesê dit is jammer dat daar mense is wat roekeloos en gevaarlike uitsprake en optrede het om die land se reputasie te ondermyn.

Hy het verwys na die nadelige gevolge wat dit inhou om beleggers na die land te trek, en gesê dit is “pynlik” om te sien dat daar pogings is om die pogings wat aangewend word om die land se finansies te stabiliseer, te ondermyn.

Die opmerkings is in opvolging van die SA Reserwebank se  Lesetja Kganyago wat gewaarsku het teen pogings om die ekonomie te benadeel terwyl dit reeds “op sy knieë is”.