Los ons man uit

Kgalema Motlanthe

Dit bly vreemd dat persone iemand verdedig ten spyte daarvan dat hy ondersoek word rondom sekere bewerings. 

Ace Magashule het self erken dat die ANC besig is met ‘n ondersoek rondom sy beweerde betrokkenheid by die stigting van ‘n ander politieke party gedurende die tydperk voor die algemene verkiesing. 

Nou het die “bestuur” van die Vrystaatse ANC ‘n beroep gedoen op LP’s van die party in die provinsie om op te staan en Ace te verdedig aangesien hy nie ‘n verraaier is nie. 

Die ondersoek kommissie onder leiding van Kgalema Motlanthe het 60 dae tyd om die ondersoek af te handel.