Krediet afgradering en die ekonomie

Suid-Afrika se ekonome is waarskynlik besig om ‘n harde ekonomiese les te leer.  Sodra ‘n graderings maatskappy ‘n land se kredietwaardigheid bevraagteken en daar ‘n afgradering plaasvind is dit moeilik om die gradering om te keer.

Fitch Gradering het sopas SA se skuld na negatief afgradeer en wil dit voorkom asof Standard & Poor kort op hul hakke is. 

Volgens ekonome bestaan daar nie meer buffers of meganismes om krisisse te hanteer nie.  ‘n Begrotings tekort, verhoogde skuld las en beleid onsekerheid lei tot ‘n wantroue in die land se ekonomie. 

Tans beleef SA sy grootste begrotings tekort in 10 jaar en daarmee ook ‘n krag verskaffer, Eskom, wat geld verorber. Moody’s is tans die enigste gradering agentskap wat ‘n positiewe gradering gee aan SA,  indien hul ook die ekonomie afgradeer kan die gevolge katastrofies wees met ‘n  massiewe uitvloei van kapitaal uit die land.