Kabel diefstal op Metrospoor lyne

Kabel stropers het weer toegeslaan op elektriese kabels buite Pretoria. 

Die diefstal het by die Winternest stasie plaasgevind wat daartoe gelei het dat  Metrospoor treine in die noorde van die stad tot stilstand gekom het. Metrospoor se woordvoerder Tony Games het die groeiende tendens van diefstal en vandalisme as “betreurenswaardig” beskryf. 

Die toestand van die land kan as betreurenswaardig beskryf word aangesien die infrastruktuur besig is om te verval.

Die gebrek aan behoorlike instandhouding, en die vlak van misdaad is hopeloos te hoog om t verwag dat infrastruktuur in stand gehou sal word.

Bydraend hiertoe is moord en verkragting vir elke persoon in die land ʼn gevaar. 

Voeg hierby die grootskaalse diefstal en korrupsie vanuit staatsinstellings dan lyk die toekoms alles behalwe rooskleurig.