Japanese vroue in verset teen kleredrag

’n Veldtog is van stapel gestuur deur vroue in Japan wat aanvanklik beswaar aangeteken het teen die verpligting om met hoëhakskoene na hulle werkplek te dra.

Die veldtog wat dur een werkende vrou begin is, het nou so ’n omvang bereik dat nog besware geopper is.

Uiteindelik is ’n beweging gestig en het die veldtog momentum gekry toe die sosiale netwerk begin het om die veldtog te bevorder.

Meer as 20,000 vroue het reds die aanlyn petisie onderteken wat aan die regering voorgelê sal word.

Maatskappye en die  staatsdepartement wat vereis dat vroue hoëhakskoene tydens werksure moet dra, word beskou as diskriminerend teen die vroulike geslag.

Ishikawa, ’n 32-jarige aktrise en skrywer sê sy hoop haar petisie bring ’n einde aan die diskriminasie teen vroue.

Die Japanese Minister van Gesondheid het egter gesê die kleredrag kode is fatsoenlik en noodsaaklik.

5

Denemarke kry “welsyn” regering

Denemarke is die derde Nordiese land wat binne ’n jaar ’n linkse regering gekry het en dit behaal het deur kiesers te oortuig van die noodsaaklikheid om welsyn te verhoog.

In Woensdag se parlementêre algemene verkiesing het die linkse partye saamgestaan en die nasionaliste die loef afgesteek.

Die Sosiaal Demokrate se leier, Mette Frederiksen (41), het die jongste Eerste Minister geword wat Denemarke nog ooit opgelewer het.

Die afgelope 20 jaar is die land regeer deur die konserwatiewe nasionaliste, maar die jong dame het daarin geslaag om die linkse partye saam te voeg teen die regering.

Die linkse partye se koalisie het gesamentlik 96 setels teenoor die regerende party se 79 setels verower.