Italië wen teen dwelm-winkels

Adjunk Premier Matteo Salvini

Die Italiaanse Hooggeregshof het die sakeondernemings in die land verbied om voort te gaan met die verkoop van dagga en ander dwelmmiddels waarmee gesmous word.

Die Adjunkpremier, Matteo Salvini, het ’n reuse oorwinning behaal in die hof met die stryd wat reeds jare lank in Italië voortgaan.

Die nasionalistiese minister Matteo Salvini het daarmee nog ’n verkiesingsbelofte nagekom wat deur talle opponente bskou was as ’n valse onderneming.

Matteo Salvini het uit die staanspoor oorlog verklaar teen die sogenaamde “wettige plante” wat deur kleiner ondernemings verkoop is aan die publiek en daarmee die dwelmhandel in die algemeen bevorder het.

’n Vorige regering, wat skynbaar deur dwelm sindikate omgekoop is, het veroorsaak dat wetgewing in 2016 deurgevoer is wat die verkoop van dagga onder sekere voorwaardes gewettig het.

Die nasionalistiese regering het egter die stryd in die hof aangepak en uiteindelik die regulasie afgeskaf en nou die hof se bevinding aan hulle kant.