Iran waarsku VSA oor grens skending

Iran het die Verenigde State van Amerika amptelik gewaarsku dat verdere skending van sy grense en lugruim sal lei tot sterker optrede as om net ’n duur hommel vliegtuig af te skiet.

Die waarskuwing volg nadat die VSA klaarblyklik die lugruim van Iran geskend het met een van sy uiters gesofistikeerde hommeltuie.

“Die neerskiet van die hommeltuig is ’n goeie ervaring vir Amerika om in die toekoms lte voorkom dat hy die lugruim of grense van Iran betree”, het ’n woordvoerder gesê.

In reaksie op die voorval het die VSA ’n kuber aanval uitgevoer op die rekenaar beheerstelsel van Iran se missiel stelsel, en kons. Die land nie enige missiele lanseer nie.

Iran het later ontken dat die kuber aanval enige skade aangerig het aan sy beheerstelsel, maar kenners meen die land was vir etlike dae in die verleentheid gewees.