Iran versnel Uraanverryking program

Iran het sy uraanverryking program versnel, sê die hoof van die Verenigde Nasies se atoom waghond, wat daarop dui dat die land van plan is om meer te doen as wat verwag word voor moontlike samesprekings mag volg.

Die optrede van Iran word ook beskou as ’n uitdagende houding teenoor Amerika wat daarop ingestel is om Iran se kernkrag program gestop te kry.

Spanning tussen Iran en die VSA is reeds op ’n gevaarlike stadium, en die nuutste verwikkelinge kan die VSA tot breekpunt dryf, sê politieke waarnemers.

Die spanning het ontstaan nadat die VSA ’n jaar gelede geëis het dat ’n nuwe kernverdrag met Iran opgestel word aangesien die bestaande ooreenkoms wat deur die Obama-regering geïnisieer was, geensins ’n beletsel plaas op Iran om voort te gaan met kernwapen ontwikkeling nie.

President Trump van Amerika het van Iran verwag om hernude samesprekings te voer, maar met die weiering van sy versoek, het die VSA onttrek uit die ooreenkoms, wat gelei het tot die huidige spanning.