Integriteit Komitee onder verdenking

David Mabuza

Die ANC se Integriteit Komitee was belas om ’n aantal ANC kandidate te ondersoek met die bedoeling om seker te maak dat hulle kwalifiseer om as parlementslede ingehuldig kan word,

Die Komitee het ook onderhoude gevoer met die ANC president se twee top manne, Pravin Gordhan en die huidige adjunkpresident, David Mabuza.

Te midde van die Openbare beskermer se ondersoek na Gordhan se optrede, het die Komitee geen probleem ondervind met die twee kabinetslede nie.

Intussen is verskeie ander kandidate ook ondervra, maar die deursigtigheid ontbreek klaarblyklik, want geen deeglike, goed gemotiveerde redes is aangevoer oor een van die kandidate nie, en dit sluit Gordhan en Mabuza in.

Meningsvormers is van oordeel dat die ANC s Integriteit Komitee slegs ’n oë verbinder is om gewetes te sus, maar toon dat die Komitee oor geen magte beskik nie.