Integriteit het ’n betekenis

Adjunk David Mabuza

Die regering en die ANC het ‘n Integrities komitee wat lede van die regerende party se optrede kan en moet ondersoek sodra daar vrae en/of klagtes rondom ‘n individu ontstaan. 

Die mees onlangse “werk” wat die komitee gehad het was om sekere lede se bona fides na te gaan of hul geskik is al dan nie vir nominasie as lede van die parlement en provinsiale poste.  

David Mabuza wat lankal onder die soeklig is rondom sy optredes het die kommissie klaarblyklik om die bos gelei met sy verklarings en is vry gestel en is aangestel as adjunk-president van die land. 

Intussen het Ramaphosa bekend gemaak dat die kommissie 23 lede van die party wil laat verwyder van enige posisie in die openbare sektor. 

Nou dreig senior lede van die ANC die kommissie en vra dat die kommissie ontbind word.  Name op die lys blyk ondermeer te wees David Mabuza , Gwede Mantashe, Zizi Kodwa Bathabile Dlamini, Malusi Gigaba, Nomvula Mokonyane en Mosebenzi Zwane. 

Dit is almal senior lede binne die ANC wat hulle klaarblyklik skuldig gemaak het aan korrupsie, wanbestuur en ander dade van wangedrag.

Die ope vraag is of die ANC se president Ramaphosa by sy hoogs beloofde “skoonmaak” proses gaan hou, of interne druk gaan maak dat diegene wat reeds die staatskas geplunder het, weer opgeneem gaan word in poste  in die openbare sektor?