Hoofde se “lewensduur”

Vuyani Jarana

Hoof Uitvoerende Beamptes by staats entiteite se “lewensduur” blyk van korte duur te wees. Die mees onlangse voorval is die hoof wat bedank het,  Vuyani Jarana van SA Lugdiens.

Hy het met groot bravade aangekondig dat hy die “siek” lugdiens sal omkeer binne ‘n sekere tydsduur.  Hy is laat 2017 aangestel maar weens “frustrasie” sien hy nie sy weg oop om verder aan die stuur van SAL te staan nie. 

So laat as Februarie 2019 het Vuyani aangekondig dat SAL ontbondel gaan word in drie entiteite , naamlik Eskom, om die lugredery winsgewend te maak.  Volgens hom genereer SAL tans  nie genoeg geld om sy skuld te delg nie. 

Waarnemers en ekonomiese deskundiges wys daarop dat Eskom, Transnet, Spoornet, Denel en Prasa deur onbevoegde hoofde se  aanstellings, van winsgewend tot bankrot  “bestuur” is.