Hong Kong protesteer steeds teen Sjina

Tienduisende inwoners van Hong Kong het in ’n derde dag van verset teen die beoogde wetgewing die parlementsgebou omring en daarmee verhinder dat die tweede lesing van die wetsontwerp gedebatteer kon word.

Duisende inwoners het hulle woede getoon deur ure voor sonop reeds op te daag en stelling in t neem terwyl polisiebeamptes magteloos moes toekyk hoe duisende mense die gebou omsingel.

Die regering beoog om wetgewing deur te voer wat sal meebring dat verdagtes en beskuldigdes na Sjina se howe oorgeplaas om verhoor te word.

Die protes word hoofsaaklik deur jonger inwoners gehou, en almal dra swart klere om hulle afkeur van die wetgewing te toon.

Die sterk optrede van die inwoners het veroorsaak dat die aandelebeurs ’n groot insinking ondervind het, en onbevestigde berigte lui dat die beurs nog verder sal tuimel as die verset voortgaan.

Die polisie het vir die eerste keer in 40 jaar, teen die optog gangers opgetree dur hulle uitmekaar te jaag met rubber koeëls en waterkanonne,

Joernaliste beweer dat van die polisie het pepersproei gebruik en ander traangas om die vreedsame optog te beëindig sodat die parlement met sy werksaamhede kan begin.