Hong Kong protes in nuwe fase

Die protesteerders in Hong Kong het Woensdag met ’n nuwe fase begin om teenkanting te bied teen die omstrede beoogde wetgewing.

Die opposisieleiers beplan nie net ’n massa optog nie, maar inisieer ook stakings, “stadig ry” om verkeer te blok, en gaan glo ook verskeie massa piekniek geleenthede reël.

Dit volg nadat die Hong Kong owerheid besluit het om wetgewing deur te voer wat meebring dat beskuldigdes in Sjina verhoor sal word, en wat die Hong Kong mense sal uitlewer aan kommunistiese ideologie.

Die nuwe fase van verset teen die wetgewing volg nadat meer as ’n miljoen mense die afgelope naweek aan ’n optog deelgeneem het, maar wat nie die owerheid oortuig het om die wetgewing te laat vaar ni.

Sjina beskou Hong Kong as deel van sy gebied, en wil klaarblyklik met die wetgewing ’n groter houvas kry terwyl hy die inwoners paai met die versekering dat Hong Kong se selfregering onaangetas bly.

Vrees dat die protesteerders die parlement van Hong Kong kan ontwrig, het die owerheid laat besluit om die gebou 24 uur per dag te bewaak deur die polisie.