Hong Kong gaan voort met wetgewing


Ten midde van die reuse optog van meer as ’n miljoen protesteerders in Hong Kong, gaan die owerheid voort met wetgewing wat meebring dat beskuldigdes in Sjina verhoor sal word.

Die onluste polisie het Maandag ’n kordon gevorm rondom die parlement ten einde te voorkom dat protesteerders die parlement ontwrig soos wat kommunistiese propagandiste beweer.

Inwoners van Hong Kong het duisende plakkate vertoon tydens die massa optog, met slagspreuke soos “Hong Kong is nie Sjina” en “Weg met Sjina”.

Wat as ’n vreedsame optog begin ht, is glo deur die polisie se optrede teen onskuldige mense tot gewelddadigheid gelei, maar Sjina propageer dat die optoggangers die geweld begin het.

Waarnemers sê die nuwe wetgewing sal Sjina in staat stel om e ondersteuners van die demokrasie vals te beskuldig sodat hulle onregverdige verkore in Sjinese howe ondergaan en sodoende agter tralies gestop word.