Hommeltuie spioeneer Sjinese Suid See

Die Amerikaanse regering van President Donald Trump gaan voort om sowat 34 hommeltuie te verkoop aan vier verskillende lande in die Sjinese Suid See gebied.

Die waarnemende Minister van Verdediging, Patrick Shanahan, sê die tyd is verby dat Washington sal hink-en-pink rondom Sjina se gedrag in Asië.

Die hommeltuie sal die lande instaat stel om die Sjinese Suid See gebied behoorlik te kontroleer en groter intelligensie waarnemings doen en inligting versamel.

Die Minister het nie direk Sjina se naam genoem nie, maar het gesê die optrede en destabilisering van die streek is onaanvaarbaar.

Shanahan  sê die Amerikaanse regering sal nie die gedrag van Sjina ignoreer nie, en tref die nodige maatreëls.

Die 34 ScanEagle hommeltuie wat deur Boeing vervaardig word, sal gelewer word aan Maleisië, Indonesië, die Filippyne en Vietnam word gelewer teen ’n totale bedrag van $47 miljoen.