Hanekom verlaat die skip

Derek Hanekom

Die voormalige minister, Derek Hanekom, het ook die ANC se parlementêre skip verlaat nadat hy nie weer oorweeg is as kabinetslid nie.

Hanekom wat bekend is vir sy uitermatige vêr linkse politieke sienings, wou nie langer parlementslid wees in die Ramaphosa regime nadat hy weggelaat is uit die kabinet nie.

Hy is die agtste lid van die vorige kabinet wat die hasepad gekies het, en opponente beskou die bedankings as ANC parlementslede wat Zuma gesindes is.

Waarnemers wys daarop dat die bedankings ook te make het met die “beskerming” van hulle pensioene as ministers wat uitgetree het.

Die pensioene van ministers is aansienlik groter as die van gewone parlementslede, en indien hulle sou voortgaan as parlementslede, word hulle pensioen bereken as ’n gewone parlementslid.

Some of the former ministers have said they were resigning to protect their ministerial pensions. But Business Day established this week that former ministers serving as MPs would carry on contributing to the Political Office Bearers Pension Fund and actually grow their pension funds.