Groote Schuur groet staatmaker

Die Groote Schuur hospitaal in Kaapstad groet een van sy grootste staatmakers wat na 35 jaar se ononderbroke diens, nou afgetree het, nie omdat sy wou nie, maar omdat sy moes volgens regulasies.

Wat Suster Coleen Grehan so ’n besondere mens maak, is dat sy in die 35 jaar nooit een dag weens ongesteldheid afwesig was van haar werk nie.

Na haar aftrede, waar sy in beheer was van gewonde en beseerde pasiënte, was daar nie iemand om haar plek in te neem nie, en het sy na enkele ure, weer opgedaag en die taak aangepak tot ’n plaasvervanger gevind is.

Sy sê sy verpleeg sedert sy twee jaar oud was, to haar baba sussie dur haar ma versorg is, het sy al ’n begin om verpleegster te wees.

Hierdie merkwaardige vrou is nou op die ouderdom van 66 jaar, ’n afgetrede wat vir almal om haar ’n voorbeeld gestel het van werksywer, pligsgetrouheid en opregtheid.