Goud in die vaarwater

Statistiek wat pas vrygestel is deur Stats SA hou nie goeie nuus in vir die goud produsente nie. Goud produksie het in April met 19,5% gedaal.

Dit is die 19de opeenvolgende maandelikse daling, terwyl ystererts produksie met 11,5% gedaal en chroom ietwat het n daling van 7,2 % getoon. 

Suid Afrika het sy posisie as die grootste goud produsent prysgegee,  aangesien Ghana tans die meeste goud produseer. 

Stats SA het geen redes gegee vir die daling nie maar kenners meen die voortdurende arbeids onrus asook krag onderbrekings saam met buitengewone hoë loon eise die bedrywe kniehalter.