Goeie nuus?

Die Kommissaris van SA Inkomstediens (SAID), Edward Kieswette,  het op 4 Junie 2019 nuwe planne en syfers aangekondig rakende inkomste opgawes. 

Individue wat minder as R500 000 per jaar verdien hoef nie meer belasting opgawes in te dien nie,  dit is ‘n verhoging van die vorige drempel van R350,000.

Die voorwaarde is dat die individu slegs vergoeding van een werkgewer ontvang en dat daar nie ander vorme van inkomste is soos motor toelaes, rente inkomste en besigheids inkomste nie .

Ekonomiese deskundiges sê die toegewing is daarop gemik om die SAID meer doeltreffend te maak en om nie besig gehou te word met kleiner belastingbetalers se gegewens nie.