Gewapende Meksikane besoek immigrante

Kort nadat die Amerikaanse president Meksiko gewaarsku het dat hy die immigrante uit Sentraal-Amerikaanse state moet beheer dat hulle nie oor die grens na die VSA kan beweeg nie, het Meksiko met streng optrede begin.

Gewapende soldate en polisiebeamptes het nou in kontak gekom met die onwettige immigrante wat gepoog het om oor die grens na die VSA e beweeg.

Die polisie van Meksiko het dosyne immigrante in hegtenis geneem wat oor die grens na Amerika wou beweeg, en ernstige waarskuwings is gerig dat Meksiko nie sal toelaat dat immigrante oor die grens na die VSA beweeg nie.

Meksiko tree op teen die immigrante nadat die regering gewaarsku is dat die VSA ’n invoer heffing van 6% sal instel op alle goedere uit Meksiko as hulle nie die immigrante beheer nie.