Gevegte in ANC geledere

Ace Magashule

Dit blyk dat die broeiende onrus in die binnekringe van die ANC besig is om toe te neem.  Ramaphosa se sogenaamde toespraak aan die nasie het selfs tot kritiek van verskeie lede binne die ANC party gelei asook vanaf die vennote soos Cosatu en die SAKP. 

Intussen is Ace Magashule en sy kaders  besig om spiere te bult met die aanstelling van oud-kabinetslede as portefeulje voorsitters.

Diegene is almal Zuma ondersteuners en dit dui daarop dat Ramaphosa se uitvoering van sy beleid onder sterk druk gaan kom vanuit die geledere.  Voeg hierby die OB se aankondiging dat die Bosasa donasie van R500,000 aan Ramaphosa se verkiesings veldtog ondersoek gaan word, dan raak die president se posisie al hoe meer wankelrig.