Georgië in opstand teen Russe

Derduisende inwoners van Geeorgie het in die land se hoofstad vir ’n derde keer die strate ingevaar op ’n anti-Russiese optog nadat ’n parlementslid van Rusland die land besoek het.

Intussen het die Russiese president, Vladimir Poetin aangekondig dat alle passasiersvlugte na Georgië voorlopig gekanselleer word tot die spanning in die land verminder het.

Die aktiviste het aanvanklik die bedanking van die parlementêre speaker geëis, en nadat die speaker bedank het, ’n tweede eis gestel.

Die optog se leiers eis noudat die Minister van Binnelandse Sake ook moet bedank nadat die vorige optog gewelddadig geword het toe die polisie hardhandig opgetree het die vorige aand met ’n optog.

Die optoggangers sê die minister is verantwoordelik daarvoor dat ’n Russiese afvaardiging, waarby ’n parlementslid ingesluit is, in die land toegelaat is en saam met die speaker gesien is.

Die opposisieparty eis nou ook ’n vervroegde algemene verkiesing vanwee die uiterste spanning tussen Georgië en Rusland en is selfs ’n meer plofbare situasie as tien jaar gelede toe dit op gewelddadige konflik gelei het tussen die twee lande.