Geen staats entiteit word geprivatiseer

Met die staat se maatskappye wat almal in ’n finansiële verknorsing sit, het politici en kenners begin vra oor wanneer word die entiteite geprivatiseer ten einde die las op belastingbetalers te verlig.

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het egter met lang verduidelikings die moontlikheid van privatisering verwerp en selfs sovêr gegaan as om te beweer dat privatisering nie so winsgewend is as wat voorgehou word nie.

Hy het die Poswese as voorbeeld gebruik waar die bedryf goed op dreef is volgens hom nadat die Sassa verantwoordelikheid oorgeplaas is na die entiteit.

Hy sê voor die poskantoor Sassa hanteer het, is slegs 31,000 uitbetalings dur hulle hanteer, tenoor die bykans 8 miljoen uitbetalings wat nou gedoen word.

Ramaphosa het egter verby ie ander sake gekyk soos toe die Minister van Finansies gesê het die SAA se verliese maak dat die entiteit eerder toegemaak moet word.

Eskom, Denel, SABC en SAA is almal voorbeelde van swak bestuur deur onbevoegde personeel, en kos Suid-Afrika reeds miljarde rand elke finansiële jaar.