Gastelys by Ramaphosa se “staatsrede”

Sophie de Bruyn

Meer as 1,200 mense sal die staatsrede van die reënboognasie se president, Cyril Ramaphosa bywoon.

Dit sluit die 28 ministers, 33 adjunkministers sowel as die provinsiale speakers, direkteur-generale van staatsdepartemente, gaste van hom en en diplomate in. 

Dan sal die oorlewende Rivonia verhoorlede Andrew, Mlangeni en Denis Goldberg daar wees asook Getrude Shope en Sophie de Bruyn wat in 1956 die Vroue Optog meegemaak het.   

Die koste behoort na raming nie meer as R2 miljoen te beloop nie!