Filippynse president woedend vir Sjina

President Rodrigo Duterte

President Rodrigo Duterte van die Filippyne het te velde getrek teen Sjina en die kommunistiese staat beskuldig dat hy ’n vissersboot wat gesink het, se 22 Filippynse bemanningslede aan hulle lot oorgelaat het.

Intussen kry president Duarte die wind van voor onder sy eie mense en sê hy behoort ’n veel steker standpunt in te neem.

Die inwoners en familie van die aangehoudenes is ontsteld en reken die president is veels te gematig oor die aangeleentheid.

Die vissersboot het in die Sjinese Suid See gebied gesink, en die bemanning is glo deur die Sjinese aan hulle lot oorgelaat, maar die Sjinese owerheid ontken dit heftig en sê die mense is met deernis hanteer en versorg.

Dit blyk dat sewe of agt vissersbote van die Fulippyne besig was om vis te vang is die internasionale gebied van die Sjinese Suid See, toe die ramp een van die bote getref het. 

Die inwoners eis dat Duarte sterk standpunt inneem teen Sjina en waarsku dat diplomatieke bande met Sjina verbreek word indien iets soortgelyk weer gebeur.