Fiat-Chrysler staak gesprek met Renault

’n Woordvoerder van Fiat-Chrysler motorvervaardigers sê “politieke omstandighede” in Frankryk het dit moeiliker gemaak en kon ’n ooreenkoms met Renault nie bereik word om ’n eenheid te vorm nie.

Indien die onderhandelinge wl sou slaag, sou dit die wêreld se derde grootste motorvervaardiger word, met Volkswagen eerste en Toyota tweede.

Fiat-Chrysler sê sy poging om die wêreld se derde grootste motor vervaardiger te word, sou ’n $40 miljard entiteit tot stand gebring het.

Volgens die woordvoerder is die besluit om te onttrek uit die onderhandelings geneem toe dit duidelik geword het dat die politieke omstandighede in Frankryk tans nie gunstig is vir so ’n massiewe stap nie, en kan lei tot ’n mislukking.

’n Bydraend faktor is dat die raad van direkteure in die Renault kamp nie tot ’n vergelyk kon kom oor die voorgestelde eenwording nie.    

Die Fiat-Chrysler span het vereis dat Renault se direksie ’n versoek rig tot die owerheid oor onrus in die land.