Ethiopië wil Soedan krisis beslag

Abiy Ahmed

Die Eerste Minister van Ethiopië, Abiy Ahmed, het die naweek in die Soedan aangekom met die doel om as arbiter op te tree ten einde die politieke krisis op te los.

Abiy Ahmed sal gesprek voer met die Soedannese Militêre Raad in ’n poging om die ernstige politieke krisis te beëindig wat ontstaan het na die afsetting van die president, Omar al-Bashir in April vanjaar.

Eerste Minister Abiy Ahmed en sy afvaardiging het in Kartoem aangekom om met die Militêre Raad te vergader wat deur Soedan se Luitenant-Generaal Abdel Fattah al-Burhan gelei sal word.

Die toetrede van Ethiopië volg nadat Soedan sy ernstigste bloedvergieting beleef na die afsetting van die president, wat sedertdien deur ’n Militêre Raad regeer word.

Die kiesers is egter gekant teen ’n militêre regering en eis ’n algemene verkiesing om ’n demokratiese regering saam te stel, en die militariste se traagheid daartoe ht tot onrus gelei waarin meer as 100 mense omgekom het.