Eskom en Ramaphosa se beloftes

Murray and Roberts – Kusile Power Station Project

Tydens sy toespraak voor die “nasie” het die ANC president gesê dat Eskom nie tot niet kan gaan nie en dat die staat sal toesien dat daar genoeg fondse is om die entiteit aan die gang te hou.  

Volgens kenners is sy R230 miljard nie genoeg om die mislukte krag verskaffer te red nie.  

Chris Yelland, ’n bekende energie kenner, meen die voorsiening van  geld  spreek nie die kern probleme aan nie.  Ramaphosa het nie gesê hoe die regering onderliggende probleme gaan aanspreek nie en  geen visie bestaan wat haalbaar is nie.

Hy  het  selfs nie  die ondersteuning het van die ANC se vennote nie.  Vanuit  swart besigheidskringe word Ramaphosa versoek om ‘n tydsraamwerk bekend te maak met bepaalde riglyne oor hoe en wanneer die entiteit gered gaan word.

Cosatu meld dat leierskap onstabiliteit die probleem is by staatsentiteite maar meld nie dat dit swart leierskap is wat verantwoordelik is vir die mislukking nie. Selfs Ramaphosa se  werkverskaffings beloftes van bykans 17 000 geleenthede per maand klink soos ‘n droom.