Ebola saai verwoesting onder kinders

Kinders onder die ouderdom van vyf jaar is die groep wat die meeste sterftes het weens die Ebola virus in die oostelike dele van die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie van die Verenigde Nasies het bevind dat sekere streke in die Kongo se volwassenes die klinieke vermy met kinders waar effektiewe behandeling toegedien kan word.

Die sterftesyfer van kinders onder die ouderdom van 5 jaar is veel hoër as enige ander ouderdomsgroep en word hoofsaaklik toegeskryf aan die optrede van die ouers.

Bykans 80% van die kinders onder 5 jaar, wat gediagnoseer is as besmet met die Ebola virus, sterf uiteindelik, teenoor die 57% van die ouer kinders. Na raming sterf 70% van die mense in die Kongo wat deur die virus besmet is, en etlike duisende het die afgelope maande omgekom weens besmetting van die hoogs aansteeklike siekte.