Duitse Groenparty wil regeer

Robert Habeck

Nadat die onlangse meningspeiling getoon het dat die Groenparty in Duitsland die grootste steun geniet, gaan daar reeds stemme op dat Kanselier Angela Merkel haar koalisie met die Sosialiste moet staak en met die Groenes saamwerk.

Die groenparty het reeds begin met koalisie voorstelle om te onderhandel in die Bremen gebied met die Sosiaal Demokrate en die vêr-linkse Linke party.

Die bedoeling is glo om druk te plaas op Bondskanselier Angela Merkel dat al sou haar party die meerderheid stemme kry, daar ander partye is wat haar kan oortref.

Merkel sit tans met die Sosialiste in ’n koalisie wat volgens die meningspeiling uiters swak gevaar het, wat daartoe gelei het dat die partyleier bedank het en ’n nuwe leier gekies moet word.

Die Groenes druk nou vir vervroegde verkiesings in Bremen nadat hulle tweede die meeste stemme getrek het in die verkiesing van die Europese Parlement, en reken dat vervroegde verkiesings moontlik is as die Sosialiste onttrek uit Merkel se koalisie regering.