Duitse Groenparty nou eerste

Robert Habeck

Die leier van die Duitse Groenparty, Robert Habeck, is hoog in sy skik met die jongste peiling wat oor die hele Duitsland opgeneem is.

Volgens die opname is die Groenparty nou voor en die Christen Demokrate van Kanselier Angela Merkel in die tweede plek, met die koalisie vennoot, die Sosialiste, in die derde plek

Met die Groenes as die mees gewilde politieke party, en die sosialiste in die Sosiaal Demokrate party wat nou baie swak vaar, kan die Merkel rgering sterk teenstand verwag in die Bundestag.

Die Groenes het volgens die peiling 27% steun, wat een punt meer is as die van Kanselier Merkel se gesamentlike steun van die Christen Demokrate en die Christen Sosiale Unie van Bavaria.

Die koalisie vennoot van Merkel, die Sosiaal Demokrate, is op sy laagste vlak ooit, en staar algehele ineenstorting in die gesig.

Die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland se steun word op 12% gestel, wat byna gelyk staan met die Sosialiste.

Die leier van die sosialiste se Sosiaal Demokrate, Andrea Nables, het by aanhoor van die party se dalende steun, bedank as leier, en ook as voorsitter van die parlementêre komitee waarin sy gedien het.