Die waarheid agterhaal die leuen

Die Openbare Beskermer het vir ‘n slag haar werk gedoen en bevind dat Cyril Ramaphosa “per ongeluk” die parlement mislei het oor die R500 000 donasie van Bosasa aan sy verkiesingsveldtog. 

Daar word beweer dat Ramaphosa en sy veldtog span deel kan wees van ‘n geld wassery skema aangesien die donasie deur verskeie tussenganger maatskappye geskied het om hul te bereik.

Ramaphosa  is tien dae tyd gegee om te reageer op die verslag. Die ANC president het in die parlement gesê dat sou sy seun gelieg het oor die oorsprong van die geld,  hy self sy seun persoonlik verantwoordelik sou hou vir die gebeure. 

Hy sou sy seun self polisie stasie toe neem indien dit die geval is.   Bykans ‘n jaar het verloop en geen verklaring of waterdigte verduideliking is nog deur die president gegee nie.

Opposisie partye meld dat die Zuma-Gupta konneksies dieselfde tendens openbaar by die Ramaphosa-Bosasa saga en dat dit deel vorm van die ANC se pad van korrupsie waar kontrakte aan maatskappye gegee word en geld dan na die ANC  gekanaliseer word.

Politici vra of hierdie die blinde sambok is wat Ace Magashule en die Zuma faksie gaan gebruik teen hulle president.