Die Vryburger hou Vasbyt

Die bestuur van Die Vryburger Kinderfonds het besluit om ’n eerste poging aan te wend met ’n Vasbyt, waar lesers aangemoedig word om ’n finansiële bydrae te maak tot die Fonds.

Die Fonds word aangewend om ons minder bevoorregte volksgenote se kinders te ondersteun sodat hulle ’n behoorlike opvoedkundige kwalifikasie kan verwerf.

Die bestuur het vanjaar ’n spesiale reeks pogings om geld in te samel vir die besondere doel omdat alles daarop dui dat openbare skole in ’n onhoudbare situasie gaan wees met volgende jaar se nuwe reëls.

Die bestuur wil graag CVO-skole finansieel help om daardie kinders wie se skoolgeld nie betaal kan word nie, te ondersteun.

Om dit te doen, het ons die ganse volk se ondersteuning nodig, en doen die besuur ’n beroep op lesers om hulle bydraes vir VASBYT te maak wanneer die volle besonderhede op die koerant se voorblad verskyn in di vorm van ’n berig.

Hierdie berig sal op die koerant se voorblad bly sodat lesers hul bydraes kan maak deur die riglyne te volg wat dan hier langsaan op die voorblad sal verskyn.