Die Vreemde Uittog van SA base

Dit blyk dat daar ʼn nuwe siekte in Suid Afrika is, naamlik uittrede of bedanking. Hoogbesoldigde amptenare “tree” nou onverwags uit en parlementslede staan voor in die tou.  

Die lys word by die dag langer met Sandile Shabalala van TymeBank die nuutste aankondiging slegs drie jaar na sy aanstelling. 

Hy volg SAA se baas Vuyani Jarana se optrede wat met groot bravade weddenskappe aangegaan het oor SAA se herlewing. 

SA Busines Leadership se Bonang Mohale het sopas aangekondig dat hy nie sy kontrak gaan hernu nie. 

Christo Wiese poog om R3,3 miljard van sy Shoprite aandele te verkoop.   Absa se Maria Ramos bedank as hoofvrou by die bank terwyl Comair, Ou Mutual en Massmart se Hoof Uitvoerende Beamptes kennis gegee het dat hulle die ook uittree. 

Finansiële deskundiges meen die rede vir die uittog is ʼn gebrek aan vertroue tussen direksies, bestuur en die hoof amptenare.

Swak kommunikasie tussen rade en die hoof word genoem deur kenners maar die vraag ontstaan of daar nie iets anders aan die gang in die besigheidswêreld wat ander nie van bewus is nie. 

Dit lyk asof almal nou die sinkende skip verlaat, word beweer.