Die R500 duisend spook nog altyd

Busisiwe Mkhwebane

Die Bosasa inbetaling op die rekening van president Ramaphosa wil maar nie tot rus kom nie, en die R500,000 spook nog te veel by verskeie persone.

Die omstrede Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, word uit verskeie oorde bevraagteken as ongeskik vir die amp wat sy beklee.

Aan die anderkant van die munt is diegene wat sê die Ramaphosa aanhangers moet dit staak om die OB te probeer intimideer, en sy moet ’n kans gegun word om haar werk af te handel deur deeglike ondersoek te doen na die R500,000 wat Bosasa aan die ANC president betaal het.

Besware word glo geopper dat sekere hooggeplaastes in die ANC, wat ook Ramaphosa ondersteuners is, probeer om in te meng by di ondersoek, terwyl ander volhou met bewerings van onbekwaamheid.

Politieke ontleders reken die OB behoort ’n billike kans gegun te word om die saak te ondersoek, want dit kan ook ’n nuwe wending in korrupsie beteken.