Die ekonomie weifel gevaarlik

Suid Afrika se ekonomie weifel op die afgrond, en die resessie staan met al vier pote op die drumpel van SA se deur.

Dit is die mening van ’n deskundige in Pretoria na aanleiding van die uitermatige swak vertoning van die rand en die bedel mentaliteit van steet beheerde maatskappye.

Die jongste bedel aksie van die SA Lugdiens, wat R4 miljard by die regering vra, is ’n seker resep wat as dit toegestaan word, die land in ’n resessie plaas en Moody sal dwing om die land tot rommel status af te gradeer.

Ekonome waarsku dat die SA Lugdiens nie die mas sal opkom nie, en uiteindelik tog verkwansel sal moet word vanweë die wanbestuur deur onkundige hoofbeamptes wat aangestel word.