Die ekonomie tuimel Meneer Cyril

Ten spyte van die groot optimisme rondom Ramaphosa se verkiesing tot ANC president het daar wat die ekonomie binnelands betref, geen groei plaasgevind.

Die teendeel is eerder waar as daar na die jongste syfers gekyk word wat vrygestel is.  Die Bruto Binnelandse Produksie het met ‘n skokkende 3,2 % gekrimp in die eerste kwartaal van 2019.

Dit is die grootste val sedert die wereld wye finansiële krisis in 2009.  Die vervaardigings sektor  het geval met  bykans 9% maar alle sektore het ‘n afwaartse groei getoon.  Die Rand het, na die syfers aangekondig is,  met 1,4% geval terwyl banke met ‘n gemiddeld van 3,2% op die JEB  gedaal het.  

Al wat toegeneem het is die regering se uitgawes wat met 1,3% gestyg het. Ekonome meen dat die syfers die Reserwebank kan dwing om rentekoerse te verlaag tydens hul volgende vergadering in Junie 2019. 

Die groot rede vir die “depressie” in die ekonomie is krag-onderbrekings en hoër inkomste belasting.  ‘n Verdere kommerwekkende syfer is die daling van uitvoere met 26,4%.